google-site-verification=445qtB5pleRlxchCy3U13oBntvJ9mMK41bBxukn4IJ8

Health

What’s on the Menu – Twee heerlike winterslaaie

todayMay 4, 2024 8

Background
share close

Sjef Maradine gee vir ons wonderlike winterslaairesepte.

Hoenderslaai

Bestanddele

2 hoenderborsies met die vel

2 eetlepels olyfolie

2 knoffelhuisies, in stukke gesny

100 ml hoenderaftreksel

300 g botterbone, afgespoel en gedreineer

1 suurlemoen, sap

100 g babaspinasie,

Bietjie dille, fyn gekap

1 kop radicchio, grof gekap

15 g parmesaan, fyn gerasper

Metode

Smeer die hoender met 1 eetlepel olyfolie en geur goed. Verhit ‘n braaipan oor matige hitte en braai die hoender, met die velkant na onder, tot die vel goudbruin is, sowat 8-10 minute. Draai om en braai vir ‘n verdere 8-10 minute tot gaar. Sit eenkant op ‘n bord om vir 5 minute te rus en sny dan in stukkies.

Gooi die knoffel, aftreksel en botterbone in die pan en prut liggies vir ‘n paar minute totdat die aftreksel amper heeltemal verminder het. Verwyder van die hitte en geur.

Meng die suurlemoensap met die spinasie in ‘n bak. Masseer die sap met jou hande in die blare in totdat die blare sag is, sowat 2-3 minute. Gooi die dille, radicchio, parmesaan en res van die olyfolie by. Geur goed en plaas op ‘n opdienbord. Gooi nou die bone en hoender by.

Halloumi-slaai

Bestanddele

2 groot lemoene
1½ eetlepel volgraanmosterd
1½ teelepel heuning
1 eetlepel witwynasyn
3 eetlepels olyfolie, plus ekstra vir braai
2 groot geskilde wortels
225 g blok halloumi, in skywe gesny
100 g roket en babaspinasie

Metode

Skil die lemoene. Gebruik ‘n klein getande mes om die lemoen in stukkies te sny. Doen dit oor ’n bak om die sap op te vang, Voeg die mosterd, heuning, asyn, olie en bietjie geurmiddels by en meng goed.

Gebruik ‘n groenteskiller om wortels in repies te sny. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n braaipan en braai die halloumi vir ‘n paar minute tot goudbruin aan albei kante. Meng die rocket en wortels saam en plaas op borde. Plaas die halloumi en lemoenstukkies bo-op. 

Written by: goldfmc1

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


CONTACTS

ABOUT

GoldFM 104.3 – ‘Your Life,
Your Music’

Complaints

Website By Frank Jonker

0%