google-site-verification=445qtB5pleRlxchCy3U13oBntvJ9mMK41bBxukn4IJ8

Crime

Welkom-polisie soek inligting ná man se liggaam gevind is

todayJune 13, 2024 40 3 5

Background
share close

Welkom-polisie soek inligting ná man se liggaam gevind is

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 15:26 Tue, 11 Jun 2024

Foto: SAPD

“Indien iemand naby aan jou vermis word, moet jy dit so gou moontlik by die polisie aanmeld. Jy hoef nie 24 uur te wag nie.”

Die polisie vra die publiek se hulp om ’n moordraaisel op die Vrystaatse Goudveld op te los.

Polisiebeamptes in Welkom ondersoek ’n moordsaak ná die gru-vonds in ’n oop stuk veld in Thabong gevind is, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder. Die liggaam is op 26 Desember omstreeks 08:40 aan die agterkant van Edu College gevind. Die oorledene het verskeie steekwonde aan sy kop, gesig en lyf gehad.

Volgens Thakeng is die man se liggaam deur sy tannie in die lykshuis uitgeken as Zithembile Brian Mgqeku (42), wat in Ngabazelistraat, Thabong, gewoon het.

‘Hy is op 25 Desember omstreeks 20:00 die laaste keer gesien’

“Voorlopige ondersoek toon aan dat hy op 25 Desember omstreeks 20:00 na ’n nabygeleë sjebien gegaan het om bier te koop. Dit was die laaste keer dat hy gesien is.”

Indien iemand inligting het wat tot die inhegtenisneming van verdagtes kan lei, kan speursers. Modupe Thekiso van Welkom se eenheid vir ernstige en geweldsmisdade by 083 929 8149 of Stop Misdaad by 08600 10111 gebel word.

“Indien iemand na aan jou vermis word, moet jy dit by die polisie aanmeld sodra jy meen hulle word vermis. Jy hoef nie 24 uur te wag nie,” sê Thakeng.

‘Neem ’n onlangse foto van die vermiste persoon saam’

Jy kan die Buro vir Vermiste Persone kontak om ’n vermiste persoon aan te meld of na jou ’n polisiekantoor van jou keuse gaan en rapporteer dat die persoon vermis word sodra jy weet hulle word vermis.

Volgens Thakeng moet jy ’n onlangse foto van die vermiste persoon saamneem sodat dit in die Nasionale Buro vir Vermiste Persone-databasis ingeskandeer kan word.

“Hierdie databasis is ’n Stop Misdaad-projek en die polisie gebruik dit landswyd.”

‘Maak seker dat jy in aanraking met hulle bly’

Dis ook belangrik dat jy inligting gee wat kan help om die persoon te identifiseer, soos hul ouderdom, lengte, haarkleur, oogkleur en enige identifiseerbare merke soos letsels of tatoeëermerke.

Wanneer jy ’n saak aanhangig maak, sal ’n speurder vir die saak aangewys word. “Jy moet seker maak dat jy die naam en kontakbesonderhede van die speurder het, en in aanraking met hulle bly.

“Dis belangrik dat die speurder bewus is van enige nuwe inligting oor die vermiste person. Ook as die persoon gevind word.”

Written by: goldfmc1

Rate it

Post comments (3)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

  1. Anonymous on November 5, 2024

    Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.


CONTACTS

ABOUT

GoldFM 104.3 – ‘Your Life,
Your Music’

Complaints

Website By Frank Jonker

0%