google-site-verification=445qtB5pleRlxchCy3U13oBntvJ9mMK41bBxukn4IJ8
Listeners:
Top listeners:
Gold FM Your Life, Your Music
Demo Radio Techno Top Music Radio
Die Vrystaatse onderwysdepartement stel ondersoek in nadat ’n onderwyseres en ’n gr. 8-leerling van die Hoër Tegniese Skool in Welkom handgemeen geraak het oor ’n selfoon.
’n Les is Maandag (2/8) onderbreek toe hulle mekaar te lyf gegaan het. ’n Video wat iemand anders in die klas op hul selfoon van die voorval verfilm het, word intussen wyd en syd op sosiale media versprei.
“Die fisiese geveg is erg ontstellend. Dit moet nie net afgekeur word nie, maar dit moet in die sterkste moontlike terme veroordeel word,” sê dr. Mantlhake Maboya, Vrystaatse LUR vir onderwys.
Die skool se missie is onder meer om morele waardes te handhaaf wat strook met sy beleid.
Blykbaar het die onderwyseres die leerling gevra om die selfoon af te skakel aangesien dit die les onderbreek het. Die leerling het geweier en die konfrontasie het ontstaan toe die onderwyser probeer het om die selfoon af te neem.
“Die departement verwerp enige vorm van geweld in ons skole, veral in die klas en ten aanskoue van medeleerders,” sê Maboya. “Klaskamers is ’n heilige ruimte vir die kernbesigheid van die departement, wat onderrig en leer is.”
Die departement neem die voorval ernstig op. “Die veiligheid van almal op die skoolterrein bly ons hoogste prioriteit. Sulke swak dissipline sal nie geduld word nie.
“Skole is vir ontwikkeling, nie vir enige ander selfvernietigende aktiwiteite nie. Daarom ondersoek ons die omstandighede rondom hierdie voorval en ons sal beslissend optree om die situasie reg te stel,” sê Maboya.
Die voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole word beskou as ’n weerspieëling van die hoë misdaadsyfer. Volgens ’n studie deur World Population Review in 2022 is dit die derde hoogste ter wêreld.
Volgens die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers berig meer as twee derdes van onderwysers en amper die helfte van leerders dat hulle fisieke geweld by hul skole ervaar of gesien het. Hierdie studie van 2020 toon aan dat onderwysers meer vorme van fisieke geweld as leerders ervaar het.
Written by: goldfmc1
Education Free State Department of Education HTS Welkom Welkom
"Brunch to Lunch: A Flavorful Journey Through Midday Delights"
closeCopyright GoldFM