google-site-verification=445qtB5pleRlxchCy3U13oBntvJ9mMK41bBxukn4IJ8

Featured

Matjhabeng sukkel met te min brandbestryders

todayJune 17, 2023 16 32

Background
share close

Matjhabeng sukkel met te min brandbestryders

───   TSHEHLA KOTELI 11:28 Thu, 15 Jun 2023

Die brandweer van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit kon nie die onlangse brande suksesvol blus nie omdat daar te min brandbestryders is.

Dié bewerings volg ná berigte van verskeie brande waarop die brandweer nie kon reageer nie weens ‘n tekort aan brandbestryders of toerusting.

’n Anonieme bron sê as van die brandbestryders verlof neem, is daar net twee brandbestryders beskikbaar vir die nagskof.  Daar word ook beweer dat van die brandbestryders depressief is omdat hulle oorwerk is en te min betaal word.

Die munisipaliteit het nog nie op Media se navrae oor die bewerings gereageer nie. Die bron sê daar was ook onlangs ’n brand by K9 Kutlwanong en die brandweer kon nie daar uitkom nie omdat daar net twee brandbestryders aan diens was. Daar was in daardie stadium ook net een werkende brandweerwa. Op 3 Junie 2023 was daar ’n brand by die Oppenheimer Park-afdeling in Motse-Thabong wat ook nie dadelik geblus kon word nie.

Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê die tweevertrekhuis het na bewering omstreeks 07:20 aan die brand geslaan. ’n 32-jarige man het brandwonde aan sy gesig, hande en voete opgedoen. Die Thabong-polisiekantoor is omstreeks 08:30 van die brand ingelig. ’n Saak van brandstigting word ondersoek. Alles in die huis is in die brand verwoes.

Dit is nie die eerste keer dat ’n huis in die munisipaliteit tot op die grond afbrand nie. In 2022 het drie huise glo in Welkom afgebrand. Daar word beweer dat daar geen brandweerwaens tydens dié brande beskikbaar was nie. Na bewering is ’n bakkie gebruik wat slegs 800 liter water kon vervoer en dit word gewoonlik vir veldbrande gebruik.

───   OFM NEWS 11:28 Thu, 15 Jun 2023

Written by: goldfmc1

Rate it

Post comments (32)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

  1. アダルトメーカー on September 6, 2024

    Effective actions by policy-makers to create a healthy food environment include the following:Creating coherence in national policies and investment plans 鈥?including trade,food and agricultural policies 鈥?to promote a healthy diet and protect public health through:increasing incentives for producers and retailers to grow,浜哄舰 銈ㄣ儹


CONTACTS

ABOUT

GoldFM 104.3 – ‘Your Life,
Your Music’

Complaints

Website By Frank Jonker

0%