google-site-verification=445qtB5pleRlxchCy3U13oBntvJ9mMK41bBxukn4IJ8

Crime

Drie SAPD-lede in hegtenis vir beweerde diefstal by Welkom-vulstasie

todayJuly 14, 2024 26

Background
share close

Drie SAPD-lede in hegtenis vir beweerde diefstal by Welkom-vulstasie

Een van die drie verdagtes. Foto verskaf

Drie polisielede is Saterdag (13/7) in hegtenis geneem ná ’n beweerde diefstal by ’n Engen-vulstasie in Welkom, Vrystaat, vroeër die week.

“Die trio – twee konstabels en ’n sersant – het Maandag (1/7) ’n voertuig afgetrek en die man beveel om uit te klim. Die man het geweier en na die naaste vulstasie gery, waarheen die lede hom gevolg het,” het Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Mathe is twee mans en ’n vrou, geklee in SAPD-koeëlvaste baadjies en ’n SAPD-masker, op kringtelevisie gesien, waarvan die foto’s op sosiale media versprei is. ’n Wit Polo-sedan wat glo deur die lede gebruik is, kan ook gesien word met flikkerende blou ligte.

Tydens hierdie voorval het die polisielede glo die slagoffer se selfoon gegryp en weggery.

Een van die drie verdagtes. Foto verskaf

Sedert die voorval is maksimum hulpbronne gemobiliseer en ’n toegewyde span speurders het aan die saak gewerk om die verdagtes op te spoor.

Hulle is Saterdag in Gauteng opgespoor waar hulle deur die Welkom Eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdaad en die Gauteng Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) gearresteer is.

Die Nasionale Kommissaris van die SAPD, genl. Fannie Masemola, het die gedrag van hierdie lede veroordeel, maar ook die inhegtenisneming van hul eie verwelkom.

en van die drie verdagtes. Foto verskaf

“Ons veroordeel hierdie gedrag en verdra nie dade van misdadigheid en korrupsie binne ons geledere nie. Ons sal voortgaan om beslissend op te tree teen diegene wat nie die SAPD se gedragskode nakom nie, sonder vrees of guns,” het Masemola gesê.

Die SAPD het ‘n korrupsie-eenheid wat uitsluitlik daarop gefokus is om korrupte wetstoepassingsbeamptes binne en buite die geledere te ontbloot en te verwyder.

Gemeenskappe word aangemoedig om steeds verdagte aktiwiteite by hul naaste polisiekantoor of die Crime Stop Helplyn by 0860010111 aan te meld.

OFM Nuus cg

Written by: goldfmc1

Rate it

CONTACTS

ABOUT

GoldFM 104.3 – ‘Your Life,
Your Music’

Complaints

Website By Frank Jonker

0%