Corné van Noordwyk Biography

Corné van Noordwyk is gebore op Virginia in die Vrystaatse Goudvelde en het sy loopbaan as vryskut radio omroeper begin in 2000. Hy het vryskut omroepers werk gedoen by verskeie radio stasies reg oor die land en het selfs opleiding gegee by radiostasies wat in Tswana en Sesotho uitsaai. Hy het in 2013 ‘n baie suksesvolle gemeenskaps radiostasie in die Oos Vrystaat gestig, maar toe later baie potensiaal in GoldFM104.3 raakgesien en is onlangs aangestel as Algemene Stasie Bestuurder. Hy is opgewonde om terug te wees in sy geboorte area en geniet elke oomblik agter die mikrofoon maar geniet ook die harde werk wat agter die skerms ingeploeg word wat op die einde van die dag kwaliteit radio verseker.

“GoldFM104.3 is die STEM van hierdié gemeenskap en ons gaan seker maak JOU stem word duidelik gehoor! Sy mense is immers sy stem! Vriende wat deur die Goudveld reis moet kan HOOR hulle is tans in die Goudveld”

Luister gerus na Corné van Noordwyk wat ook die aanbieder is van die “Jawitz Eiendomme Early Bird Brêkfis” weeks-oggende tussen 06H00 tot 09H00

×