Arina Bosch Biography

Arina is gebore in Namibia en het haar laerskooljare daar voltooi waarna haar ouers na Pretoria verhuis het en sy haar Hoërskooljare voltooi het aan die Afrikaaqns Hoër Meisieskool.

Arina het nog altyd ‘n liefde vir die mikrofoon en musiek gehad en is al vir jare in die musiekbedryf as sangeres en was ook ʼn afrigter van sangstudente.

Sy is vir al 17 jaar by gemeenskapradio betrokke as | omroepe en geniet elke oomblik daarvan.

Radio was nog altyd haar passie en om elke dag agter die mikrofoon in te skuif, maak haar gelukkig.

In haar vrye tyd geniet sy om tyd saam met haar familie en worshonde te spandeer.

×